People

Rudi Claase’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African singer
Is Musician 
From South Africa 
Type Music 
Gender male
Birth 1983
Age: 37 years

Rudi Claase (gebore 11 Januarie 1983 in Vereeniging, Suid-Afrika) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het twee keer die “Reik na die sterre” kompetisie gewen en sy solo-album Thalita het goue status bereik. Claase het ‘n paar maande in Amerika gewoon om ervaring in die musiekbedryf te kry voordat hy terug Suid-Afrika toe gekeer het, Hy het nog solo albums opgeneem voor hy saam met Corlea Botha opgetree het as Die Lieflinge. Hy het Tussen Woorde, een van Juanita du Plessis se treffers geskryf, asook die immer gewilde treffer van Andriëtte Norman Sewe Oseane. Onder ander kunstenaars is Rina Hugo, Sonja Herholdt, Theuns Jordaan, Manie Jackson, Patricia Lewis, Liesel Pieters en vele meer, In 2019 het hy ‘n ere toekenning van die ATKV ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. (700 liedjies uit sy pen het in meer as 2 miljoen albums verskyn).

Die Lieflinge het opslae gemaak nadat hulle eerste duetalbum, Ons Lieflinge/Our Darlings binne agt weke reeds goue status bereik het. Kort daarna het Corlea besluit om eerder ‘n solo loopbaan te volg, waarna Zita Pretorius as Rudi se nuwe “liefling” aangewys is. Na slegs 8 maande en bespiegelinge dat die nuwe paartjie nie so suksesvol is nie, is aangekondig dat hulle paaie skei om hulle op hul solo loopbane te fokus. Charne Hugo was as die nuwe Lieflinge geneem in 2014 en hulle sing nog steeds die “golden oldies” vir wie almal so lief is. Rudi en Charne het in 2018 die Ghoema toekenning gewen vir hulle album “Miljoenne Stemme” vir die Beste Ligte Klassieke Album van die jaar.

In Feb 2019, het die Nederlandse sangeres Belinda Kinnaer Claase na Nederland genooi om in haar 20 jaar jubileumkonsert deel te neem. Haar vertaling van sy “Sewe oseane” het goudstatus in Nederland bereik en Claase het saam met name soos Ancora en Jan Keiser in ‘n uitverkoopte vertoning opgetree.

Uitbeelding

Claase gaan skool by Laerskool Sonlandpark en matrikuleer aan Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark.

Persoonlike lewe

Claase is gay en trou op 8 Maart 2010 met sy bestuurder, musiekpromotor Stephen Stewart, in die Pretoriase landdroshof..

Claase en Stewart skei na ‘n huwelik van bykans vier jaar. In 2013 oorleef Claase ‘n selfmoordpoging nadat hy pille gedrink het en sy polse gesny het. Hy trou in 2016 met Suzette Booysen in Mauritius.

Diskografie

  • 2007: Jambo
  • 2009: Ons Lieflinge / Our Darlings, met Corlea Botha
  • 2010: Ons Lieflinge / Our Darlings Vol.2 – Drome, met Corlea Botha
  • 2011: Ons Lieflinge / Our Darlings – Die Engele Sing, met Zita Pretorius
  • 2012: Mans vir Jesus
  • 2012: Kom ek skryf jou ‘n liedjie
  • 2014: Ons Lieflinge – Asemrowend, met Charne Hugo
  • 2017: Ons Lieflinge – Miljoene stemme, met Charne Hugo
  • Thalita

Verwysings

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Eksterne skakels

  • Amptelike webwerf
  • Hoor jy my op YouTube
  • Rudi & Corlea se As ek sing op YouTube